TRIEGIE NUUS

Triegies Skitter by die Oppi-Tong-Af Debatkompetisie

Hoërskool Louis Trichardt se leerders het onlangs aan die eerste Oppi-Tong-Af Debatkompetisie deelgeneem en uitstekende uitslae behaal.

Ons debatteerders het met selfvertroue, goeie voorbereiding en sterk redenasievermoë opgetree en ons skool met trots verteenwoordig. Die uitslae weerspieël die harde werk en toewyding van elke leerder wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Engelse Debat

Die volgende leerders het aan die Engelse debat deelgeneem:

  • Kristen Thompson en Murendeni Matshiva – 72.5% (B)
  • Sabreen Ismail en Razaan Ismail – 63.5% (C)
  • Tlangelani Sibiya en Nabeel Ismail-Khoja – 86.75% (A+)
  • Immanuel Diko en Meerab Kaif – 84% (A)
  • Tlangelani Sibiya en Nabeel Ismail-Khoja – 81.25% (A)
  • Ndzalama Mitileni – 66.75% (C+)

Ons is besonder trots op die uitstekende prestasies wat in hierdie afdeling behaal is.

Afrikaanse Debat

In die Afrikaanse debat het:

  • Selmari van Zyl en Aldoné Schwerdtfeger ’n uitstekende 86% (A+) behaal.

Baie geluk met hierdie puik prestasie!

Deur na die Nasionale Rondte

’n Besonderse gelukwensing gaan aan die volgende leerders wat deurgedring het na die nasionale rondte in Centurion op 7 Oktober:

  • Tlangelani Sibiya en Nabeel Ismail-Khoja
  • Immanuel Diko en Meerab Kaif

Dit is ’n besondere prestasie en ons wens hulle alle sterkte toe vir die nasionale rondte. Ons weet julle sal Hoërskool Louis Trichardt met dieselfde selfvertroue, vasberadenheid en ware Triegies-gees verteenwoordig. 👏🏻💛💙❤️

Trots op Ons Debatteerders

Debat bied aan leerders die geleentheid om krities te dink, hul standpunte duidelik te formuleer, met selfvertroue te kommunikeer en onder druk as ’n span saam te werk.

Ons is baie trots op elke leerder wat aan die eerste Oppi-Tong-Af Debatkompetisie deelgeneem het en Hoërskool Louis Trichardt se naam hoog gehou het.

Baie geluk aan al ons deelnemers met julle uitstekende uitslae — en sterkte aan ons nasionale finaliste vir 7 Oktober in Centurion!

Dink skerp. Praat met selfvertroue. Staan sterk. Triegies trots! 💛💙❤️

Triegies Shine at the Oppi-Tong-Af Debate Competition

Learners from Hoërskool Louis Trichardt recently participated in the first Oppi-Tong-Af Debate Competition and achieved excellent results.

Our debaters participated with confidence, thorough preparation and strong reasoning skills, representing our school with pride. The results reflect the hard work and dedication of every learner who took part in the competition.

English Debate

The following learners participated in the English debate:

  • Kristen Thompson and Murendeni Matshiva – 72.5% (B)
  • Sabreen Ismail and Razaan Ismail – 63.5% (C)
  • Tlangelani Sibiya and Nabeel Ismail-Khoja – 86.75% (A+)
  • Immanuel Diko and Meerab Kaif – 84% (A)
  • Tlangelani Sibiya and Nabeel Ismail-Khoja – 81.25% (A)
  • Ndzalama Mitileni – 66.75% (C+)

We are especially proud of the outstanding achievements in this section.

Afrikaans Debate

In the Afrikaans debate:

  • Selmari van Zyl and Aldoné Schwerdtfeger achieved an excellent 86% (A+).

Congratulations on this outstanding achievement!

Through to the National Round

A special congratulations goes to the following learners who have advanced to the national round in Centurion on 7 October:

  • Tlangelani Sibiya and Nabeel Ismail-Khoja
  • Immanuel Diko and Meerab Kaif

This is a remarkable achievement, and we wish them all the best for the national round. We know that you will represent Hoërskool Louis Trichardt with the same confidence, determination and true Triegies spirit. 👏🏻💛💙❤️

Proud of Our Debaters

Debating gives learners the opportunity to think critically, formulate their viewpoints clearly, communicate with confidence and work together as a team under pressure.

We are extremely proud of every learner who participated in the first Oppi-Tong-Af Debate Competition and represented Hoërskool Louis Trichardt with pride.

Congratulations to all our participants on your excellent results — and best of luck to our national finalists for 7 October in Centurion!

Think sharply. Speak with confidence. Stand strong. Triegies pride! 💛💙❤️

MEER NUUS

Lees ook

Fietsry
triegies_admin

Fietsry Liga 2026 – Triegies eindig eerste

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers het die 2026-seisoen op ’n uitstekende noot afgesluit en met trots 1ste plek in die hoërskoolliga behaal. 🏆🦁🚴‍♂️💛💙❤️ Na vyf byeenkomste het die Triegies bo-aan

LEES MEER >>

TRIEGIE-FAMILIE

Bly deel van die Triegie-storie.

OUDLEERDERS

Eenmaal ’n Triegie,

altyd ’n Triegie.

Ons nooi alle oudleerders van Hoërskool Louis Trichardt om jou besonderhede op datum te hou, sodat die skool met jou in verbinding kan bly oor nuus, reünies, geleenthede en moontlike bydraes tot die Triegie-gemeenskap.