Kultuur by Hoërskool Louis Trichardt skep ’n platform waar leerders hul kreatiwiteit kan ontdek, hul kommunikasievaardighede kan ontwikkel en met selfvertroue voor ander kan optree.
Deur deelname aan redenaars, debat, eisteddfod, fotografie en revue kry leerders die geleentheid om hul talente uit te leef en deel te wees van ’n trotse, dinamiese skoolgemeenskap.
By Triegies glo ons dat kultuuraktiwiteite ’n belangrike deel vorm van ’n afgeronde skoolervaring. Dit help leerders om met dissipline, moed, kreatiwiteit en trots hul plek in die wêreld in te neem.